Ons is n’ Christelike kleuterskool in Monument, Krugersdorp. Al ons kinders by Blinksoldaatjies ervaar ‘n vriendelike, stimulerende, veilige en liefdevolle omgewing.
Elke kind geniet individuele aandag volgens sy/haar behoeftes. Ons besef die belangrikheid van stimulasie, aandag en aanvaarding by kinders gedurende die eerste vormings jare. Ons streef daarna om gebalanseerde kinders met ‘n goeie selfbeeld te vorm.
Ons kweek ook ‘n pligsbesef, sowel as ‘n sekere mate van verantwoordelikheid by hulle. Eienskappe wat waardevol sal wees in die toekoms.
Ons kleuterskool veskaf versorging aan Afrikaanse sowel as Engelse kleuters vanaf 3 maande tot Gr 00 met ‘n beperkte aantal kinders per klas. Oop vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 06h30 soggens tot 17h30 saans. Voldag of halfdagsorg beskikbaar. Goeie gebalanseerde maaltye en versnappings word voorsien. Die kleuterskool personeel is opgelei in Noodhulp en het sertifisering op die gebied.
Twee groot buitelug gras speel areas met swaaie, glyplanke en sandput verskaf pret vervulde aktiwiteite, terwyl opvoedkundige en gewone speelgoed binnemuurs stimulasie bewerkstellig. Dis ons doelwit om aan ouers totale gemoedsrus te gee terwyl hulle by die werk is. Lees gerus verder onder ons inligting bladsy vir verdere informasie.